Wie is Christa?
Christa Jonker-Jordaan is drie en vyftig jaar gelede in Bloemfontein gebore. Sy is getroud met Gerrit Jordaan, en het 4 kinders, 2 seuns en 2 dogters, waarvan almal getroud is. Sy het 2 kleindogters.
Sy skryf graag vanaf haar hoërskooljare gedigte en prosa . As vryskutskrywer het sy van tyd tot tyd iets in tydskrifte gepubliseer. In 1998 publiseer sy ‘n digbundel: “My Valentyn dwarsdeur die jaar.” ‘n Liefde-verseboek uitgegee deur Encom.
In die laaste paar jaar het veral Carpe Diem uitgewers verskeie publikasies soos dagstukkies en ander Christelike lektuur uitgegee, waarvan sy mede-outeur is. Einde 2005 versoek Carpe Diem uitgewers haar om ‘n boek te skryf wat oor ma-dinge gaan, in April 2006 “Word ‘n ma is spesiaal” gepubliseer. In Augustus 2007 sien “Lyf”, die eerste van ‘n trilogie jeugboeke, die lig. Carpe iem Media besluit om Die tweede en derde boek in die jeugtrilogie tesame met Lyf onder die oorkoepelende naam Chilli lipstiek uit te gee. Dit sien April 2008 die lig en in Junie 2009 kom dit as derde druk met ‘n splinternuwe omslag op die rak. In September 2008 verskyn ‘n dagstukkie boek waaraan sy en 11 ander skrywers gewerk het. In April 2009 sien ‘n volwasse roman “Naglig” die lig en ‘n geskenkeboek “Vir ‘n ma”.
April 2010 kom ‘n boek oor die vreugde en pyn van ouer word, “Ouderdom is nie vir sissies nie.” Sy werk tans aan ‘n jeugboek, Chilli Lipstiek 2. Hou die webtuiste dop! Die trilogie jeugverhale, gebasseer op ware gebeure, sal later van jaar verskyn as opvolg vir Chilli Lipstiek 1 wat reeds in sy 4 de druk is!