Begunstigde
July 18th, 2009 by Christa Jordaan
Ek het weereens die ou verhaal gelees Haar kersfees was anders gewees... Daar was die pyn asof haar liggaam skeur
toe hy hom na die lewe beur, Was sy verdwaas; ontroerd;verheug? Godskind moes immers aan haar bors kom teug! 'n ewigheid is daar na Hom gestreef die eerste oukersaand het sý beleef! Geen bestrikte pakkies gestrooi om 'n boom
net egte engele - waar en vroom! geen kwynende kerslig maar die ware lig van Godsgesig. Haar kersfees was anders gewees hoe geseënd ek, ek kan daarvan lees! Elke dag -soveel van bo, en eenvoud ek - ek moet net glo!
Posted in Gedigte